Wednesday 19 June 2013

VAKANSIE :D

Dit is hier: Die Vakansie.

Hierdie kwartaal was twaalf weke lank en ek is nou BAIE moeg.

Ons het eksaamens, interhuis-musiek en landloop gedoen!

Nou sal ek by die huis ontspan: televisie kyk, boeke lees en kook kos.

MAAR... ons moet 'n bietjie werk doen: vir Engels moet ons "Catcher in the Rye" lees en ons moet ook 'n bietjie wiskunde doen.

Die vakansie is drie weke lang maar dit is nie genoeg tyd nie. Dit sal ook koud wees daarom kan ons nie na die strand toegaan nie

Sunday 5 May 2013

U-PARTY

Die eerste U-Party in Pietermaritzburg was op Saterdag nag.

Dit was vir seuns en meisies van 13 tot 18.
Die musiek was ongelooflik en ons het die hele nag gedans.

Dit was 'n groot sukses!

Friday 26 April 2013

APE

Dit is 'n normale dag by die skool: kerk, lesse en teepouse.

Ons het een GROOT probleem by die skool:ape!

Hulle eet ons vrugte, brood en soms ons deodorant...

Hulle is aaklig. Vandag was hulle by ons kerk en een was in die zulu klaskamer. Die aap het 'n potlood gesteel. Hulle is nie bang vir meisies nie en ons is 'n meisie skool!

Hulle hardloop op die dak en dit klink soos reën.

Maar hulle is nie verskrik nie. Hulle babas is oulik en hulle is baie slim. Ek houvan ape maar hulle moet in bome woon en nie in die skool se geboue nie.